telegram “gedig”

kyk terug
stop
net as jy wil
stop
my lief
stop
en kyk op
stop
bid vir krag
stop
my geskenk van God
stop
my liefde vir jou
stop
nooit nie
stop
ek het jou lief;
dis eintlik my brief

…stop

vir eers

…stop

Advertisements

Kerkstraat se parkie

Toe jy gevra of ons kan ontmoet, 12uur by die Kerkstraat parkie, het die opwinding my oorspoel. Ek het daardie boodskap n paar keer oor gelees om seker te maak of my brein my nie alweer vir die soveelste keer bedrieg nie, maar hy het nie, jy wou my werklik sien. Ek kon dit nie glo nie, ek was verby opwinding, ek was bang ek raak weer my awkward self. Toe ek 11:55 by die parkie aankom, was jy reeds daar, in jou wit nike tekkies en gevlegde hare, was jy daar. Jy het op die rondomtalie gesit en wag met n siggaret in die hand.

Jou hello-se drukkie was styf, ek wou nie laat gaan nie…jy ook nie. Vir n paar sekondes was ons saam. Jy het my toe vertel, vertel van jou drome en vrese.

Ek wou net vir jou sit en luister, die passie waarmee jy praat was sonder-ophou. Ek wou net luister na die liefde in jou stem. Dit was n sonder-ophou tipe liefde.
Jy het vir my gedigte ontleed, en ek het geluister. Ek wou net na jou luister, sonder ophou na jou jou luister.

Ek, simpel ek, het daardie dag verlief geraak op jou, jou rebelse persoonlikheid. Ek was van toe af verlief op jou lag, daardie lag wat nogsteeds deur die kamers van my hart eggo.